Guest Book

.

To leave a message in our guest book, send an email to mervander@telkomsa.net


15-08-2006

Aan die komitee lede van Millennium Bulldog Club.

 Baie dankie vir ‘n baie goed georganiseerde skou verlede Saterdag. Die reelings was puik, die skougronde pragtig, asook die tafels en die ete was heerlik. Ons waardeer al die moeite, ek is seker almal het die dag geniet.Baie dankie ook vir die pragtige rosette, kospryse en glasware, dit word waardeer.

Baie groete

Karina vd Merwe


14-08-2006

Aan almal by Mervander,

 Baie dankie vir die voorreg en uitnodiging om te kon deelneem aan julle jaarlikse skou. Ons het dit baie geniet, julle plek het absoluut pragtig gelyk en alles is baie professioneel hanteer. Ons was 'n bietjie vreemd aangesien dit ons eerste skou was waaraan ons deelgeneem het, maar met Juliana, Maxie, Roy, Fritz en oom Hennie se hulp en raad het ons sommer vinnig ingepas en gesien hoe dinge gedoen word. Ek wil ook baie geluk se aan al die vertoners wat met trots hulle honde vertoon het (ek het wel opgemerk dat baie honde deur Mervander geteel is, baie geluk met pragtige honde!), "once a bulldog owner, always a bulldog owner", dit is verseker. Ons sien uit na die volgende skou.

 Baie groete, Christo en Michelle

Michelle Eksteen
Tel: 0724678121

michelle_eksteen@xsinet.co.za


Thank you for visiting the Millennium Bulldog Club website. Hope to see you again!

[ Top of page ]